*Onthou Jy Nog*
jaQui 2015/12/28 19:45
Onthou jy nog, toe ons kinders
was?
Sorgeloos het ons gelag
niks kon ons onder kry
die aande wat ons in die strate kon baljaar
Geen vrese oor waarheen of wat
ons gaan doen nie Net jy en ek
hand aan hand met jongmens
harte vol drome
wat het geword van ons ewige
drome
waar is die twee brawe siele dan nou
opgeneem deur leemtes wat ons
geskep het?
Vernietig deur verkeerde besluite ?
Vertrapte drome wat onder in die kas gebêre is
Onthou jy ons belofte aan mekaar ?
Onthou jy jou spesiale woorde aan my?
Ek wonder waar is my guitarman
dra jy nog songs op aan my?